Thursday, 05 July 2007

Antwerpen!

Die voldag besoek aan Antwerpen was uiters interessant en leersaam! Ons het die stad onderskat, maar het al met die aankoms op die stasie, wat onlangs gerestoreer is en van binne soos 'n operahuis lyk, en die passie waarmee ons twee toerleiers ons aan hul lippe laat hang het, besef die stad het vele skatte wat gesien moet word. Die reen het die stad goed skoongewas, en natuurlik was daar 'n hele paar van ons wat nie gewapen was teen die 'kat en hond" sous nie, maar danksy 'n spoedige besoek aan 'n winkel, was ons gewapen met 'parraplues'en gereed vir die dag se tog en natuurlik het Belgie se ekonomie 'n hupstoot gekry! Ons het letterlik 4 seisoene beleef. Die besienswaardighede was onder andere De Katedraal, Markpleine, Stadhuis en Plantau, almal asemrowende skouskatte en ons dag is op 'n vreedsame, vinger-lek-lekker feesmaal afgesluit in 'n tradisionele restaurant.
Kliek op die foto hier onder, of op die lys aan die linkerkant van die skerm om meer van ons opwindende ervaring te beleef!
Groete!
Dag 7 - Antwerpen